Yes Manne
Hoe voel julle nou buite die manne kamp, buite tyd?
Dit was vir ons ‘n massiewe voorreg om julle te ontmoet en om tyd te kon deel met julle. Die getuienisse op die kamp en nou na die kamp bly optel en maak ons dankbaar en wild excited. Ek is steeds geskud deur ons Pa se liefde regdeur die kamp en Saterdag aand se genesings bly my hart verkwik as ek daaraan dink. Die ontmoeting wat ons met ons God se Gees gehad het, saam julle diep in die nag, maak my lag, huil en skreeu in die geveg waar ons onself bevind en ek voel reg vir nog. Mag ons aanhou sing en dans, want Hy is die mooiste mooi!
Self gaan ons deur ‘n paar ernstige uitdagings, regtig manne, maar om hulle te aanskou van buitekant af is die verskil. Ons kyk buite tyd en weet dat die Een wat buite tyd vir ons veg, verewig op die troon sit. Sy Koninkryk sal nie wankel nie en dit behoort aan Sy seuns. Check hierdie vers:
Afrikaans: Hebreërs 12:28-29 - “Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ‘n verterende vuur.”
Engels: Hebrews 12:28-29 - “Therefore let us be grateful for receiving a kingdom that cannot be shaken, and thus let us offer to God acceptable worship, with reverence and awe, for our God is a consuming fire.”
Manne, die Woord is vir ons geskryf, die Bybel is vir jou, die beloftes is vir jou. Wat ‘n gedagte om te weet dat as ek Hom aangeneem het soos ‘n kind, ek hierdie koninkryk besit. Matteus 19:14 sê; “but Jesus said, Let the little children come to me and do not hinder them, for to such belongs the kingdom of heaven.”
As ons soos kinders kan glo in Sy Woord dan is ons in besit van Sy koninkryk. As ons dit glo gaan ons dit leef en dan gebeur dinge. Hoor my manne, dan gebeur dinge, al lyk dit bebloed en stukkend. Hou dit eenvoudig deur die stof manne, Hy het ons. Mag Hy die Outeur van jou lewe wees en mag Sy Woord jou lewe voorskryf. Doen dit eerste en die res sal volg, kyk hierdie vers ook:
Matteus 6:33 - Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
So ja manne , vat hom buite tyd, gooi rooi rook en gaan in die middel deur. Vat die saad van die naweek, kap net weer teen sonde en druk weer, hou jou naby ‘n boeta met vuur en stoot.
Laat weet gerus hoe dit met julle gaan, ons staan by.
Baie lief vir julle.
Derik, Phillip en Kamp Span
(Bid asseblief vir ons volgende Manne Wegbreek 27-29 Mei 2022, vuur vir Jesus)