Nelspruit 2026

Nelspruit 2026

Nelspruit 2026

Yes Manne

Ons nooi jou graag uit vir ‘n paar dik kuiers saam met ons op die plaas. Ons nooi jou spesifiek en jou naam druk op ons hart, op iemand se hart, op Pa se hart. Geen naam kom per toeval hier nie. As nog ñ vriend op jou hart druk, laat weet ons gerus en ons nooi hom ook op sy naam. Ons gaan hierdie Manne Naweek aspris uitrol.

Ons nooi manne van Nelspruit en manne regoor Suid-Afrika vir hierdie naweek. Manne is oppad van die Kruger, Riversdal, Ladismith, Pretoria, Middelburg, Bloemfontein en van nog iewers.

Mag jy kom terugsit en rus in die wete dat dinge nie sin maak sonder die waarheid nie. Kom hoor iets, kom luister, die ou in die spieël maak saak, kom trek die waarheid aan.

Kyk hoe mooi is hierdie vers:

Jesaja 61:10 - “ Ek is baie bly oor die Here, ek juig oor my God, want Hy het my gered, vir my oorwinnaarsklere aangetrek.

So ja manne, mag hierdie uitnodinging jou persoonlik raak en kom kuier asseblief saam. Ons bied dan aan “Nelspruit 2026” :

  • Plek: Kwanyoni Lodge, Nelspruit, Mpumalanga, Oos-Transvaal, Suid-Afrika.

  • Aanwysings: Kan gerus gekry word by: Kwanyoni Lodge

  • Datum en Tyd: Vrydag 12 Junie 2026 @ 18h00 - Sondag 14 Junie 2026 @ 13h00. Vat die Vrydag rustig en arriveer so van 15h00 se kant af en kom pak af. Kom kry ‘n lêplek en word rustig vir die afskop 18h00. Sien hieronder vir die naweek program, dalk kan hy so loop, dalk nie. Mag ons Pa in die Hemel ons in elk geval onderskep.

  • Verblyf: Word verskaf. Beddegoed en alles sal voorsien word. Gaste Kamers, alles netjies en gereed vir julle.

  • Kos: Lekker kos en drinkgoed word verskaf vir die hele naweek. Etes, koffie, tee, koeldrank en water sal alles voorsien word. Bring gerus snacks as jy bang is.

  • Bring Saam: Bybel, nota boek, warm-ding, toiletware, handoek, hoed, sonbrand goed, koplamp en of flitslig.

  • Vervoer: Kry julle by die venue. Ons help graag met enige vervoer wat benodig word. Laat weet gerus.

  • Kostes: Niks, ons Abba Vader het hom.

  • Hierdie uitnodiging is uniek aan jou. Indien jy JA gesê het vir die uitnodiging vra ons dat jy jou kalender vasmaak. Ons glo dus jou plek is gereël en betaal vanuit die Hemel.

  • RSVP asseblief so vinnig as moontlik. Vinnige terugvoer help ons kwaai om getalle vas te maak of om weer ‘n ander man ‘n kans te gee.

Ons sien uit om die naweek saam jou te spandeer. Om jou te ontmoet of beter te leer ken sal vir ons ‘n voorreg wees. ’n Klomp mense regoor Suid-Afrika bid reeds vir jou en vir hierdie naweek. Ons is in verwagting vir jou.

Jou uitnodiging. Jou naweek.

Kamp Groete

Derik, Ruan, Len, Phillip en Kamp Span

Kontak gerus een van ons vir meer inligting:

Ruan Kruger - 082 374 6584 of Derik du Plessis - 082 571 0738.

Naweek Program, dalk kan die naweek so lyk:

Vrydag - Aankoms: Vanaf 15h00, Welkom en Aandete 18h00, Kuier 19h00.

Saterdag - Koffie 07h00, Ontbyt 08h00, Vars Kuier 09h00, Breuk 10h30, Nog Kuier 11h00, Middag Ete 13h00. Middag: Tyd Alleen, Tyd in Berg, Rus, Ontspan. Aand Kampvuur vanaf 17h00, Aandete 18h00, Kuier Verder 19h00.

Sondag - Koffie Beskuit 07h00, Laaste Kuier 08h00, Brunch 11h00, Totweersiens 12h00 se kant.

Maandag - Gooi rooi rook en gaan in die middel deur.