Yes Manne
Hier is dit nou. Kies jou wapen en laat ons stoot. Hier is ‘n naweek van goeie besluite en guns. Ons maak reg hier op die plaas by Oaksrest om jou te ontvang. Kom sit terug en kry. Ons mik hierdie uitnodiging aan jou persoonlik en ons wil jou seën met die naweek. Mag jy weet dat ons Abba Vader in die Hemel jou naweek betaal het en jy kan net kom kuier, kom eet en kom ontvang.
Mag die Groot Ystersmid Sy wapen in ons hande sit vir die tyd wat kom. Hy is ons Pa en Hy het die “tools'“, Hy het die wapens wat waaragtig nodig is. Jy is gebore vir ‘n tyd soos dié en met wapens soos dié gaan ons die dinge deursien.
Hebreers 4:12 - “ Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. “
Kom ons vat die wapens wat gesmee is vir ons stryd en sien hoe die vleeslike nood en pogings in Abba se Groot Hande val, waar dit veilig is. Ons sien en voel ‘n paar dinge by ons en by die wêreld wat die stryd werklik maak, en dus die noodsaak vir die vleeslike om van geestelike geskei te word. Hou vas jou wapen want hierdie naweek wil jou Pa jou bagasie vat. Die nood is nou dik manne, ons weet, maar ‘n swaard sal jou lewe red!
Effesiërs 6:17 ….. en die swaard van die Gees — dit is die woord van God —
So ja manne, ons werk saam Oaksrest Guest Farm om julle te verwelkom binne in die “nou” van die manne wat wegbreek, die seisoen wat ons Pa bestem het. Hiermee dan die Wegbreek: Wapens, Klein Karoo:
Plek: Oaksrest Vineyards, Ladismith, Klein Karoo, Wes-Kaap, Suid-Afrika.
GPS Koordinate: Latitude: S 33 28.582 ; Longitude: E 21 10.142. Aanwysings kan gerus gekry word by: https://www.oaksrest.com/directions/.
Datum en Tyd: Vrydag 27 Mei 2022 @ 18h00 - Sondag 29 Mei 2022 @ 13h00. Vat die Vrydag rustig en arriveer so van 15h00 se kant en kom pak af. Kom kry ‘n lêplek en word rustig vir die afskop 18h00. Sien hieronder vir die naweek program. Mag die Heilige Gees ons wel laat wegraak in tyd, tussen die wapens.
Verblyf: Word verskaf. Beddegoed sal alles voorsien word. Die manne wat wil kamp is baie welkom en maak asseblief so. Die Oaksrest Kamp Terrein is beeldskoon. Bring daai kamp-wa of iets en kom kamp die naweek raak. Laat weet vir Phillip asseblief spoedig as jy graag wil kamp.
Kos: Lekker kos en drinkgoed word verskaf vir die hele naweek. Etes, koffie, tee, koeldrank en water sal alles voorsien word.
Bring Saam: Bybel, nota boek, warm-ding, toiletware, handoek, hoed, sonbrand goed, koplamp en of flitslig.
Vervoer: Kry julle hier op die plaas. Ons help graag met enige vervoer wat benodig word. Laat weet gerus.
Kostes: Niks, ons Abba Vader het hom.
Hierdie uitnodiging is uniek. Indien jy JA gesê het vir die uitnodiging vra ons dat jy jou kalender vasmaak. Ons glo dus jou plek is gereël en betaal vanuit die Hemel.
Ons sien uit om die naweek saam jou te spandeer. Om jou te ontmoet of beter te leer ken sal vir ons ‘n voorreg wees. Mense regoor Suid-Afrika bid reeds vir jou en vir hierdie naweek. Ons is verseker in verwagting saam jou.
Ons vat hom dan om die vuur, sien jou gou.
Kamp Groete
Derik, Phillip, Ernie, Benjamin
Kontak gerus een van hierdie manne vir meer inligting:
Phillip Pretorius - 079 491 1420 of Derik du Plessis - 082 571 0738.
Naweek Program:
Vrydag - Aankoms: Vanaf 15h00, Welkom en Aandete 18h00, Sessie 19h00.
Saterdag - Koffie 07h00, Ontbyt 08h00, Sessie 09h00, Breuk 10h30, Sessie 11h00, Middag Ete 13h00. Middag: Tyd Alleen, Tyd in Berg, Rus, Ontspan. Aand Kampvuur vanaf 17h00, Aandete 18h00, Sessie 19h00.
Sondag - Koffie Beskuit 07h00, Sessie 08h00, Brunch 11h00, Totweersiens 12h00
Maandag: Maak Daai Lem Skerp en Sny In Die Middel Deur