Yes Manne
Die millennium, die eeu, die dekade, die jaar, die maand en die dag het aangebreek vir hierdie spesifieke naweek. Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie Sy kinders is. Ons Pa is Abba, ons Pa is God en Hy alleen is die Een wat die Huis nou reg kan bou en Hy alleen is die Een wat ons ewige huis reg het.
Psalm 127:1 - “ As die Here die huis nie bou nie, swoeg die wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak die wat dit beskerm, tevergeefs.“
Kom ons herleef ons Huise, kom ons bou op die Rots wat ewig staan. Kom ons herlaai, hersien en herbewoon wat geregtiglik ons s’n is deur die kosbare bloed van ons Jesus. Dit begin by die huis en hier by die vee van ons eie stoep sal ons weer kan dans en ‘n Liefde ervaar wat alle verstand te bowe gaan, ‘n Liefde wat regeer, ‘n Liefde wat wen, ‘n Liefde wat red, ‘n Liefde wat verlos, ‘n Liefde wat vergewe, ‘n Liefde wat vergeet, ‘n Liefde wat oprig, ‘n Liefde wat bemoedig, ‘n Liefde wat lag, ‘n Liefde wat huil, ‘n Liefde wat aanhou, ‘n Liefde wat jou vyand vernietig, ‘n Liefde wat geen einde het nie, ‘n Liefde wat ….. wat …….wat ……. Psalm 136.
So ja lekker manne, hier gebeur dit nou. Saam met Oaksrest Guest Farm verwelkom ons julle by hierdie manne naweek. Welkom Stilbaai, welkom Pretoria, welkom Jy. Ons bied aan “Kamp Huis” - binne in die seisoen wat ons Pa bestem het hier in Suid-Afrikaap:
Plek: Oaksrest Vineyards, Ladismith, Klein Karoo, Wes-Kaap, Suid-Afrika.
GPS Koordinate: Latitude: S 33 28.582 ; Longitude: E 21 10.142. Aanwysings kan gerus gekry word by: https://www.oaksrest.com/directions/.
Datum en Tyd: Vrydag 28 Oktober 2022 @ 18h00 - Sondag 30 Oktober 2022 @ 13h00. Vat die Vrydag rustig en arriveer so van 15h00 se kant en kom pak af. Kom kry ‘n lêplek en word rustig vir die afskop 18h00. Sien hieronder vir die naweek program. Mag die Heilige Gees ons laat wegraak op die Rots.
Verblyf: Word verskaf. Beddegoed sal alles voorsien word. Die manne wat wil kamp is baie welkom en maak asseblief so. Die Oaksrest Kamp Terrein is beeldskoon. Bring daai tent of kamp-wa en kom kamp die naweek raak. Laat weet vir Phillip asseblief spoedig as jy graag wil kamp. 20 Manne vir die Kamp en 35 vir die Gaste Kamers, alles mooi en gereed vir julle.
Kos: Lekker kos en drinkgoed word verskaf vir die hele naweek. Etes, koffie, tee, koeldrank en water sal alles voorsien word.
Bring Saam: Bybel, nota boek, warm-ding, toiletware, handoek, hoed, sonbrand goed, koplamp en of flitslig.
Vervoer: Kry julle hier op die plaas. Ons help graag met enige vervoer wat benodig word. Laat weet gerus.
Kostes: Niks, ons Abba Vader het hom.
Hierdie uitnodiging is uniek aan jou. Indien jy JA gesê het vir die uitnodiging vra ons dat jy jou kalender vasmaak. Ons glo dus jou plek is gereël en betaal vanuit die Hemel.
RSVP asseblief binne een week vandat jy die uitnodiging ontvang het. Vinnige terugvoer help ons kwaai.
Ons sien uit om die naweek saam jou te spandeer. Om jou te ontmoet of beter te leer ken sal vir ons ‘n voorreg wees. Intersessors regoor Suid-Afrika bid reeds vir jou en vir hierdie naweek. Ons is verseker in verwagting saam jou.
Ons sien julle daar teen die berg.
Kamp Groete
Derik, Phillip, Rusty, Nico, Sean, Abrie, Francois, Wilhelm en Kamp Span
Kontak gerus een van hierdie manne vir meer inligting:
Abrie du Preez - 082 564 1538 of Francois Smit - 082 448 5155 of Phillip Pretorius - 079 491 1420 of Derik du Plessis - 082 571 0738.
Naweek Program:
Vrydag - Aankoms: Vanaf 15h00, Welkom en Aandete 18h00, Sessie 19h00.
Saterdag - Koffie 07h00, Ontbyt 08h00, Sessie 09h00, Breuk 10h30, Sessie 11h00, Middag Ete 13h00. Middag: Tyd Alleen, Tyd in Berg, Rus, Ontspan. Aand Kampvuur vanaf 17h00, Aandete 18h00, Sessie 19h00.
Sondag - Koffie Beskuit 07h00, Sessie 08h00, Brunch 11h00, Totweersiens 12h00 se kant.
Maandag: Bou daai Huis op die Rots