Sien Redding

Yes Manne

Jou naweek. Ons nooi jou vir ‘n paar dik kuiers saam met ons op die plaas. Ons sien uit om saam julle te wees. Ons nooi almal spesifiek want jou naam word op ons hart gedruk deur ‘n Redder wat lewe gee. Ons gaan hierdie naweek aspris uitrol.

See Rescue, ons hou van hierdie naam vir hierdie naweek. Ons glo ons Pa is intensioneel en persoonlik man. Wat kan gebeur as ons oopmaak en Hy ons tref. Terwyl ons voorberei voel ons hoe diep water verander in vars water wat drinkbaar word. Golwe, water trap, storms, haaie, kan dit wees? Die Skaapwagter wat red, kan dit wees?

‘n Skaapwagter in die see, hoe kom Hy daar? Ek dink ons Abba wil vir ons sê: Hy loop sommer!

Kom ons loop op water manne. Daar is ‘n Redder wie se bloed redding skree, elke uur, elke minuut, elke sekonde, elke oomblik, in elke omstandigheid. Kyk hoe mooi is hierdie vers:

Ezekiel 34:12 ESV - “ As a shepherd seeks out his flock when he is among his sheep that have been scattered, so will I seek out my sheep, and I will rescue them from all places where they have been scattered on a day of clouds and thick darkness.

Mag julle kom terugsit en rus in die wete dat ons Redding kan sien. Sy Woord is vas te midde van “clouds and thick darkness” ….. See Rescue!

So ja lekker manne, kom ons vat wyd. Saam met Nuwe Lewe Gemeente verwelkom ons julle by hierdie manne naweek. Welkom George, welkom Riversdal, welkom Ladismith, welkom Jy. Ons bied aan “See Rescue” - mag Abba se Gees ons vul hier in Suid-Afrikaap:

  • Plek: Oaksrest Vineyards, Ladismith, Klein Karoo, Wes-Kaap, Suid-Afrika.

  • GPS Koordinate: Latitude: S 33 28.582 ; Longitude: E 21 10.142. Aanwysings kan gerus gekry word by: https://www.oaksrest.com/directions/.

  • Datum en Tyd: Vrydag 13 Oktober 2023 @ 18h00 - Sondag 15 Oktober 2023 @ 13h00. Vat die Vrydag rustig en arriveer so van 15h00 se kant en kom pak af. Kom kry ‘n lêplek en word rustig vir die afskop 18h00. Sien hieronder vir die naweek program, dalk kan hy so loop, dalk nie. Mag die Heilige Gees ons in elk geval onderskep.

  • Verblyf: Word verskaf. Beddegoed sal alles voorsien word. Die manne wat wil kamp is baie welkom en maak asseblief so. Die Oaksrest Kamp Terrein is beeldskoon. Bring daai tent of kamp-wa en kom kamp die naweek raak. Laat weet vir Phillip asseblief spoedig as jy graag wil kamp. Kamp en of Gaste Kamers, alles mooi en gereed vir julle.

  • Kos: Lekker kos en drinkgoed word verskaf vir die hele naweek. Etes, koffie, tee, koeldrank en water sal alles voorsien word.

  • Bring Saam: Bybel, nota boek, warm-ding, toiletware, handoek, hoed, sonbrand goed, koplamp en of flitslig.

  • Vervoer: Kry julle hier op die plaas. Ons help graag met enige vervoer wat benodig word. Laat weet gerus.

  • Kostes: Niks, ons Abba Vader het hom.

  • Hierdie uitnodiging is uniek aan jou. Indien jy JA gesê het vir die uitnodiging vra ons dat jy jou kalender vasmaak. Ons glo dus jou plek is gereël en betaal vanuit die Hemel.

  • RSVP asseblief so vinnig as moontlik. Vinnige terugvoer help ons kwaai.

Ons sien uit om die naweek saam jou te spandeer. Om jou te ontmoet of beter te leer ken sal vir ons ‘n voorreg wees. Intersessors regoor Suid-Afrika bid reeds vir jou en vir hierdie naweek. Ons is verseker in verwagting saam jou.

Ons sien julle daar teen die berg.

Kamp Groete

Derik, Phillip, Deon, Wilhelm en Kamp Span

Kontak gerus een van hierdie manne vir meer inligting:

Deon van Zyl - 082 427 8287 of Phillip Pretorius - 079 491 1420 of Derik du Plessis - 082 571 0738.

Naweek Program:

Vrydag - Aankoms: Vanaf 15h00, Welkom en Aandete 18h00, Kuier 19h00.

Saterdag - Koffie 07h00, Ontbyt 08h00, Vars Kuier 09h00, Breuk 10h30, Nog Kuier 11h00, Middag Ete 13h00. Middag: Tyd Alleen, Tyd in Berg, Rus, Ontspan. Aand Kampvuur vanaf 17h00, Aandete 18h00, Kuier Verder 19h00.

Sondag - Koffie Beskuit 07h00, Laaste Kuier 08h00, Brunch 11h00, Totweersiens 12h00 se kant.

Maandag - Geniet jou Redding, trek ander op die boot, gooi ‘n lewenslyn, gooi rooi rook, gaan in die middel deur.