Yes Manne
Welkom by jou Kamp, by jou tyd op die klok van die Hemel.
Dit gaan ‘n Groot Naweek wees. Ons glo die Paas Naweek wat verby is roep Volgende naweek uit vir jou. Dit is nou die aanloop na ‘n tyd, na ‘n naweek wat vir jou bedoel is, wat vir jou bedoel is ou vriendta. Hierdie naweek wat kom is in tyd en ons glo hy gaan jou buite tyd uitrol. Maak dit ooit sin, ons sal meer hieroor vasvat in ‘n ring op die Oaksrest Plaas terwyl ons mekaar optel.
Handelinge 1:7-8 - “ En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur Sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. “
Manne, die winter is oppad in die Wes-Kaap en ‘n paar dinge gaan sterf, veral daai dinge wat ons wil breek. Koning Jesus het reeds ‘n plan hiervoor. Op 22 April 2022 skop ons af met ‘n tyd wat gekoop is met bloed. Die berge op die kamp staan steeds hoog en sien met reikhalsende verlange uit na jou aankoms op hierdie spesifieke plek op hierdie spesifieke tyd. Een ding is seker, jy is bestem vir ‘n tyd soos die, jy is kosbaar en ons laaik jou. Dit is meer as een ding, ek weet, ons Pa het ook meer as een ding in gedagte vir jou lewe.
Lukas 21:36 - “ Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.”
Ja manne, ons werk saam Oaksrest Guest Farm om julle te verwelkom binne in die volgende seisoen van die manne wat wegbreek, die seisoen wat ons Pa bestem het. Hiermee dan die Wegbreek: Manne Buite Tyd, Klein Karoo, Wes-Kaap, Suid-Afrika:
Plek: Oaksrest Vineyards, Ladismith, Klein Karoo, Wes-Kaap.
GPS Koordinate: Latitude: S 33 28.582 ; Longitude: E 21 10.142. Aanwysings kan gerus gekry word by: https://www.oaksrest.com/directions/.
Datum en Tyd: Vrydag 22 April 2022 @ 18h00 - Sondag 24 April 2022 @ 13h00. Vat die dag rustig af en arriveer so van 15h00 af en “settle” lekker in. Kom kry ‘n lêplek en word rustig vir die afskop 18h00. Sien hieronder vir die naweek program. Mag die Heilige Gees ons laat wegraak in tyd.
Verblyf: Word verskaf. Beddegoed sal alles voorsien word. Die manne wat wil kamp is baie welkom en maak asseblief so. Die Oaksrest Kamp Terrein is beeldskoon. Bring daai kamp wa of iets en kom kamp die naweek raak. Laat weet vir Phillip asseblief vandag as jy graag wil kamp.
Kos: Lekker kos en drinkgoed word verskaf vir die hele naweek. Etes, koffie, tee, koeldrank en water sal alles voorsien word.
Bring Saam: Bybel, nota boek, warm-ding, toiletware, handoek, hoed, sonbrand goed, koplamp en of flitslig.
Vervoer: Kry julle hier op die plaas. Ons help graag met enige vervoer wat benodig word. Laat weet gerus.
Kostes: Niks, ons Abba Vader het klaar vir jou persoonlik betaal.
Indien jy JA gesê het vir die uitnodiging vra ons dat jy jou kalender vasmaak. Ons glo dus jou plek is gereël en betaal vanuit die Hemel.
Manne, ons sien uit vir die kuier op die plaas. Kom sit terug en ontvang. Ons bid vir die tyd saam jou en ons bid vir jou. Dankie dat jy kom, ons kyk uit vir jou wat deur die hekke gaan ry by Oaksrest Vrydag Middag .
Wees betyds, op tyd, in tyd, buite tyd.
Kamp Groete
Derik, Phillip, Pieterjan, Morne, Douglas en Kamp Span
Kontak gerus een van hierdie manne vir meer inligting:
Phillip Pretorius - 079 491 1420 of Derik du Plessis - 082 571 0738.
Naweek Program:
Vrydag - Aankoms: Vanaf 15h00, Welkom en Aandete 18h00, Sessie 19h00.
Saterdag - Koffie 07h00, Ontbyt 08h00, Sessie 09h00, Breuk 10h30, Sessie 11h00, Middag Ete 13h00. Middag: Tyd Alleen, Tyd in Berg, Rus, Ontspan. Aand Kampvuur vanaf 17h00, Aandete 18h00, Sessie 19h00.
Sondag - Koffie Beskuit 07h00, Sessie 08h00, Brunch 11h00, Totweersiens 12h00
Maandag: Dan Gooi Jy Rooi Rook en Gaan In Die Middel Deur, Buite Tyd.