Lewe

Hallo julle.

Wat ‘n wilde tyd om hierdie uitnodiging vir julle te stuur, wat ‘n seisoen, wat ‘n oomblik. Ons nooi jou en jou gesin uit soos wat Abba Vader dit op ons hart lê. Iewers hierdie jaar het ons jou gesien of ontmoet en skouers geskuur op een of ander manier. Die ontmoeting was een om te onthou en jou naam druk nou nog op ons hart. Ons glo dat elke uitnoding na die regte naam en familie gaan soos wat die Hemel julle roep. En as julle voel nog iemand moet saam, nooi net, die roep gaan verder, enige iemand is welkom hier. Kom kuier asseblief saam ons hierdie aand.

Ons glo jy is kosbaar en bestem vir ‘n tyd soos die, hoe jy ookal nou voel. Mag ons met jou deel en mag ons met jou vereenselwig, mag ons saam jou lag en mag ons saam jou breek. Ons voel ook dat die vleeslike dinge nie nou alles lekker uitwerk nie. Ons voel ook stukkend en gaar en party ander dae dat die gemak zones ons wil breek. Maar ons glo dat hierdie aand gereel word sodat ek en jy lewe kan verwag in ons dood. Die graf van ons Koning is leeg. Ons bid reeds vir jou en vir jou het ons ‘n verwagting;

Ons verwag Lewe uit die dood, ons verwag Sy Lewe in ons nood. Ons verwag die Asem van God, ons verwag die Ware Brood. Ons verwag Lewende Water, ons verwag Fonteine wat loop. Ons verwag Die Begin van Lewe, ons verwag die einde van dood. Ons verwag die Alpha en die Omega, ons verwag die vervulling van Sy Woord. Ons verwag die 10de Desember, ons verwag jou lewe is groot.

Mag ons Pa ons na plekke toe vat waar ons nog nooit was nie. Plekke wat ons nie kan dink of bid nie, daarmee is Hy besig. Kom net soos jy is daai Vrydag.

Johannes 11:25-26

Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?

Johannes 8:51

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.

Johannes 5:24

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

Mattheus 11:28

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Reëlings vir die aand:

Plek: Hoër Lanbou Skool Oakdale - Riversdal - Langs die N2 jy weet.

Tyd: 18h00 (6uur nm) - Almal is Welkom om al van 17h00 (5uur nm) te kom. Die kinders kan op die veld rond hardloop en julle kan rustig kuier op die gras en die opelug geniet. Kom kry vir jou ‘n plekkie reg en kuier in ‘n sirkel terwyl al die vriende en familie arriveer.

Bring Saam: ‘n Kamp stoel of sewe en ‘n kombers of drie, eet en drink goed in ‘n piekniek mandjie.

Gesels gerus met ons vir meer inligting: Gielie de Swart - 072 460 8607 of Derik du Plessis - 082 571 0738.

Groete

Die Rooi Span