Hallo Manne

Hoe gannit met julle ouens? Sien uit om julle te ontmoet man, regtig.

Wat ‘n epiese jaar wat wag, die genadejaar van ons God. Daar vat Lukas 4 nounet lekker. Wat ‘n maand gaan November 2020 wees wanneer manne se planne val in God se hanne. Dit klink goed as ons hom so lees, dit klink natuurlik baie veilig, dit klink die heel veiligste, vir ‘n feit is dit die enigste veiligste plek. Waar anders wil jy wees as in ons Almagtige Jesus wat terugkom, Hy met vuur in Sy oë, ons Jesus, ons Porsie. 40 Manne gaan anders huistoe die 8ste November.

Dankie vir jou “Ja” vir die Naweek wat kom, ‘n kuier met Vuur. Vat so man, jy is geroep by jou naam en so is jy ook genooi vanuit die Hemel. Wel gedaan om hier saam ons in te duik. Ons wag saam jou met verlange na wat Pa gaan doen. Ons is mal excited oor Abba Vader se 40 manne, oor Abba Vader se 40 planne, Abba Vader se 40 lewens, Abba Vader se 40 redes om saam Koning Jesus op die kruis te bly. So ja, welkom, jy was nog altyd die rede!

Yes manne, daarom is daar ‘n rede om die somer in die Wes-Kaap binne te gaan met ‘n nuwe plan. Op 6 November 2020 skop ons af met ‘n sekere plan wat gereël is in die Hemel. Ons glo met ons hele hart dat ons God hierdie naweek ‘n afrikaans gaan praat wat jy gaan ken.

Jeremia 29:11-13 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.

So ja manne, ons is gewone burgers van ons land wat saam met gewone manne van Riversdal werk om julle te verwelkom binne in die planne van ons Here God. Planne wat Hy as Heerser al voor die skepping beplan het en planne wat Hy gaan uitrol sonder sukkel. Hy wat God was, God is en God sal wees, Hy is Liefde en Hy is Alles. Hy skrik vir niks en Sy Koninkryk word nie geskud nie. En Hy, Hy is ons Pa, en ons Pa is vir ons, vir jou met jou naam. So moenie vrees nie, Hy sal altyd regeer, Hy alleen. Hy ken die hare op jou kop, die brand in jou hart, jou smart, jou pyn, jou lag en verseker ken Hy jou naam. So kom, hierdie naweek gaan ‘n paar lekker rooikatte saam vasvat.

Hiermee dan die Naweek met ‘n Plan, Wes-Kaap, Suid-Afrika:

  • Plek: Oaksrest Vineyards, Ladismith, Wes-Kaap.

  • Datum en Tyd: Vrydag 6 November 2020 @ 15h00 - Sondag 9 November 2020 @ 13h00. Ons vat die dag af en arriveer so van 15h00 af en “settle” lekker in. Kom kry ‘n lêplek en word rustig vir die afskop 17h30.

  • Bring Saam: Bybel, nota boek, extra kombers, warm-ding, toiletware, handoek, hoed, sonbrand goed, koplamp en of flitslig.

  • Vervoer: Sien julle manne daar. Laat weet ons gerus as ons kan help met enige vervoer wat benodig word.

  • GPS Koordinate: Latitude: S 33 28.582 ; Longitude: E 21 10.142. Aanwysings kan gerus gekry word by: https://www.oaksrest.com/directions/.

  • Skone verblyf, lekker kos en drinkgoed word verskaf vir die hele naweek. Koffie, tee, koeldrank en water sal alles voorsien word.

  • Kostes: R 1150/Persoon

  • Maak jou kalender vas. Ons kan slegs 40 manne huisves en weet asseblief dat jy een van die 40 is waarvoor ons gebid het. Ons glo dus jou plek is gereël en sal betaal kan word vanuit die Hemel.

  • Covid 19: Oaksrest Vineyards het alle veiligheid en gesondheidsmaatreëls in plek soos per die Regering se voorskrifte.

  • Kom nes jy is en kom sit terug en ontvang.

  • Mense regoor Suid-Afrika bid reeds vir jou en vir die naweek wat van altyd af vir jou wag.

Wat ‘n massiewe voorreg om manne wat God geroep het te ontvang op die plaas! Ons gaan ‘n paar lekker ysters wees wat kuier om ‘n vuur. Jou planne in Pa se Hanne.

Laat dit juig. Sien gou.

Dik Groete

Derik, Kobus, Cobus, Len, Nico, Hennie en Kamp Span

Praat gerus met een van hierdie manne as julle nog iets wil weet:

Kobus van Wyk - 072 141 3746 of Derik du Plessis - 082 571 0738.