Hallo Manne
Welkom by jou Kamp, by jou posisie op die Kaart van die Hemel.
Dis Lente in die Wes-Kaap en September 2020 is die Maand van nuwe dinge vir ons almal. Op 18 September skop ons af met ‘n kuier wat gereël is in die Hemel. Die berge op die kamp staan hoog en wag en sien al vir eeue uit na jou aankoms op hierdie spesifieke plek op hierdie spesifieke tyd.
Romeine 8:19 -“Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie Sy kinders is.”
Ons sien uit na die somer en die son wat skyn. Ons sien uit na harte wat brand en na verstopte pitte wat spuit. Ons sien uit na lewe in oorvloed en die kampvuur in die bos. Ons sien uit na posisie en ons sien uit na jou.
So ja manne, ons werk saam Shalom Oudtshoorn om julle te verwelkom binne in die seisoen van die kamp, die seisoen wat ons Pa geskep het. Hiermee dan die Kamp in Posisie, Wes-Kaap, Suid-Afrika:
Plek: Oaksrest Vineyards, Ladismith, Wes-Kaap.
Datum en Tyd: Vrydag 18 September 2020 @ 15h00 - Sondag 20 September 2020 @ 13h00. Ons vat die dag af en arriveer so van 15h00 af en “settle” lekker in. Kom kry ‘n lêplek en word rustig vir die afskop 17h30.
Bring Saam: Bybel, nota boek, extra kombers, warm-ding, toiletware, handoek, hoed, sonbrand goed, koplamp en of flitslig.
Vervoer: Ons reël vervoer vir al die manne van Oudtshoorn. Julle vertrek Vrydag 13h00 vanuit Oudtshoorn. Leon sal finale reëlings met julle tref. Enkele ander manne kan gerus self ry. Ons help graag met enige ander vervoer wat benodig word.
GPS Koordinate: Latitude: S 33 28.582 ; Longitude: E 21 10.142. Aanwysings kan gerus gekry word by: https://www.oaksrest.com/directions/.
Lekker kos en drinkgoed word verskaf vir die hele naweek. Koffie, tee, koeldrank en water sal alles voorsien word.
Kostes: Niks, ons Abba Vader het klaar vir jou persoonlik betaal.
Indien jy JA gesê het vir die uitnodiging vra ons dat jy jou kalender vasmaak. Ons kan slegs 30 manne huisves en weet asseblief dat jy een van die 30 is waarvoor ons gebid het. Ons glo dus jou plek is gereël en betaal vanuit die Hemel. Laat weet ons gerus, wel dringend, as jy vashaak en nie kan kom nie sodat ons betyds ‘n ander man kan nooi.
Covid 19: Oaksrest Vineyards het alle veiligheid en gesondheidsmaatreëls in plek soos per die Regering se voorskrifte.
Kom sit terug en ontvang. Ons bid vir die kamp en ons bid vir jou. Ons bid ‘n muur van vuur om ons almal en om die kamp. Ons God is die enigste Een wat red. Kom gereed, kom soos jy is en kom maak reg om te rus.
Manne, ons sien uit om julle te ontvang op die plaas. Ons gaan ‘n paar lekker rooikatte wees wat kuier om ‘n vuur. Dankie dat jy kom, ons kyk uit vir jou aankoms by die kamp en sien uit na ‘n naweek om te posisioneer.
Dertig manne gaan anders huistoe die 20ste.
Kamp Groete
Leon, Len, Cobus, Nico, Derik en Kamp Span
Kontak gerus een van hierdie manne vir meer inligting:
Leon Zeilinga - 083 293 0300 of Derik du Plessis - 082 571 0738.