Welkom by die Sabie Sand Wildtuin Kamp.

Hier is die bos, hier verander die atmosfeer, hier is die begin van ‘n nuwe begin vir jou, een van uitnemendheid, een van deug. Die vlamme brand warm onder die hardekool bome in Sabie Sand en hier klap die kole die hardste. ‘n Mooi storie is besig om af te speel, jy weet dit in jou hart.

Jy is oppad na deugsaamheid, deur die stof oppad na heerlikheid, en dit bring ons by:

“ Excellence ” - die betekenis, die tema, die plek om in te wees, die tyd om in te leef

noun (selfstandige naamwoord)

  1. the quality of being outstanding or extremely good.

    "awards for excellence"

    synonyms: distinction, quality, high quality, superiority, brilliance, greatness, merit, calibre, eminence, pre-eminence, supremacy, peerlessness, transcendence, value, worth.

Petrus sê dit veral mooi in Engels:

2 Peter 1:3

“ For His divine power has bestowed on us [absolutely] everything necessary for [a dynamic spiritual] life and godliness, through true and personal knowledge of Him who called us by His own glory and excellence. “

En dan, beste van alles, Jesus ons Koning sê hierdie Homself:

Matthew 5:16

“ Let your light shine before men in such a way that they may see your good deeds and moral excellence, and [recognize and honor and] glorify your Father who is in heaven. “

Hier wil ek wees, hier wil ek leef, hier wil ek bly, hierdie is my land en hierdie is my geloof. Om dinge in “excellence” te doen sê WIE jy dien, dit sê WIE jy werklik is, dit sê WIE jy glo, dit gaan altyd net oor die WIE.

As jy ‘n lekker Jakkals is klink hierdie al klaar kwaai diep, maar byt vas, die oorblyfsel van God floreer net in die diep water! Iets is besig om te gebeur manne.

So ja, hier langs die Sand Rivier is die vlamme die duidelikste. Jou afspraak het opgedaag en dit is een van omhelsing, jou Pa weet WIE jy is en Hy is reeds hier.

Die “Bereik Rooi” Span verwelkom julle dan binne in die seisoen van die kamp en hiermee Kamp “Excellence” - Suid Afrika:

  • Plek: Sabie Sand Natuur Reservaat - Ingwe Luilekker Kamp (Gaan in Naby Paul Kruger Hek - Wildtuin).

  • Datum en Tyd: Vrydag 16 Augustus 2019 @ 14h00 - Sondag 18 Augustus 2019 @ 13h00.

  • Gaan in by: Shaws Gate -24.928351, 31.479257.

  • Ry tot by: Ingwe Luilekker Kamp -24.873702, 31.543899.

  • Bring Saam: Bybel, nota boek, beddegoed met kussing, warm-ding, toiletware, verkyker, swembroek, handoek, hoed, sonbrand goed, persoonlikheid.

  • Vervoer: Ry asb saam in een voertuig sovêr moontlik. Minder voertuie in die reservaat help ons regtig baie. Ons sal help met hierdie saamry logistiek.

  • Kos en drinkoed is beskikbaar vir die hele naweek. Koffie, tee en koeldrank sal voorsien word. Die water op die gronde is alles skoon boorgat water en verseker drinkbaar.

  • Kostes: Niks, ons Abba Vader het klaar vir jou betaal.

  • Indien jy JA gesê het vir die uitnodiging vra ons mooi dat jy jou kalender vasmaak. Ons kan slegs veertig manne huisves en weet asseblief dat jy een van die veertig is waarvoor ons gebid het. ‘n Groot span werk doelgerig om jou persoonlik te ontvang op hierdie unieke plek in Afrika. Ons glo dus jou plek is gereël en betaal vanuit die Hemel. Laat weet ons gerus, wel dringend, as jy vashaak sodat ons betyds ‘n ander jakkals kan intrek.

Indien jy effens uit jou gemak is, moenie bekommer nie, jy is op die regte plek. Jy is kosbaar en ons veg vir jou. Dankie vir jou vrou en familie en vriende wat jou afstaan, ons kyk uit vir jou aankoms by die kamp en sien uit na ‘n belewenis.

Veertig manne gaan anders huistoe die 18de.

Sand Rivier Groete

Kamp Span

Praat gerus met ons. - “Reach Red Global Outreach Team”

Kontak gerus een van hierdie manne vir meer inligting: gerrit@reachred.com - 082 332 0904 of pieterjan@reachred.com - 082 826 2899 of derik@reachred.com - 082 571 0738.