Yes Manne
Dit is Afrika, dit is bos, dit is wild en dit is tyd. Die Kameel in die Sand, die Sabie Sand, maak nuwe spore langs die Sand Rivier. Jou visie aangaande jou posisie in Afrika maak jou ‘n Perd wat wyd kyk en wat jou God se planne raak kyk. Ons ontvang julle in groot vyf wêreld vir voorbereiding in die wêreld vir die wêreld maar ons is verseker nie van hierdie wêreld. Liewe aarde, hierdie klink soos ‘n mooi kampvuur storie en jy is in vir hom.
Abba is reg om ‘n paar Pêrre op te rig in Afrika in Arikaans. Hy het jou lankal beplan vir hierdie naweek, regtig, ons Vader se beplanning is op ‘n ander vlak. Ons Koning se hart oor jou is op ‘n ander vlak en ons Heilige Gees vat ons na hierdie ander vlak. Hierdie kampvuur storie vat diep.
So moenie hierdie kamp misgis vir ‘n vlakvark kamp nie. Steek jou nek uit en sien weer dat jou toekoms, in die Seun van God, verseker buitengewoon groot en goed is.
Woord vir die kamp:
Openbaring 21:1
Ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verby gegaan; en die see was daar nie meer nie.
Die Kameelperd is deel van die land se geskiedenis en hy is deel van Afrika. So ja Kêrels, ons verwelkom julle binne in die seisoen van die kamp en hiermee Kamp Visie - Suid Afrika:
Plek: Sabie Sand Natuur Reservaat - Ingwe Luilekker Kamp (Naby Paul Kruger Hek Wildtuin).
Datum en Tyd: Vrydag 10 Mei 2019 @ 14h00 - Sondag 12 Mei 2019 @ 13h00.
Gaan in by: Shaws Gate -24.928351, 31.479257.
Ry tot by: Ingwe Luilekker Kamp -24.873702, 31.543899.
Bring Saam: Bybel, nota boek, beddegoed met kussing, toiletware, verkyker, swembroek, handoek, hoed, sonbrand goed, persoonlikheid.
Vervoer: Ry asb saam in een voertuig sovêr moontlik. Minder voertuie in die reservaat help ons regtig baie. Ons sal help met hierdie saamry logistiek.
Kos en drinkoed is beskikbaar vir die hele naweek. Koffie, tee en sap sal voorsien word. Die water op die gronde is alles skoon boorgat water en verseker drinkbaar.
Kostes: Niks, ons Abba Vader het klaar vir jou betaal, regtig.
Dankie vir jou vrou en familie en vriende wat jou afstaan, ons kyk uit vir jou aankoms by die kamp en sien uit na ‘n nuwe hemel.
Veertig genooide manne gaan vir altyd anders kyk.
Sand Rivier Groete
Kamp Span
Kontak gerus een van hierdie manne vir meer inligting: gerrit@reachred.com - 082 332 0904 of derik@reachred.com - 082 571 0738.