Hallo Manne

Hoe klink ‘n biekie terugsit in ‘n boskamp sonder lyndrade in groot vyf wêreld. Dis waar ons julle ontvang vir die manne kamp en ons sien kwaai uit om julle bere te ontmoet.

Abba het natuurlik ‘n kuier met jou gereël en jy gaan aansienlik nader aan Hom beweeg onder die miljoene sterre wat van beloftes oor jou getuig.

Die Gees van God, jou Leidsman en Rigtingwyser is reeds daar en dit is net met Hom wat ons die sterre kan raak. Kyk hierdie vers: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige - Sagaria 4:6. Met dit gesê is die beer juis nodig in Afrika, die Lig is juis nodig vir die donker, die Geregtige nodig vir die ongeregtige, die Gelowige vir die ongelowige, die Seun vir die sondaar, die Gesonde vir die sieke, die Woord vir die doof, die Lewe vir die dood, die Waarheid vir die leun, die Weg vir die dwaal, die Koning vir die Wêreld en jou Pa vir jou.

Woord vir die kamp:

Johannes 17:16-17

Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Heilig hulle in U waarheid; U woord is die waarheid.

Die beer is nie van hier nie maar met ‘n heilige lewe is die beer toegerus deur ‘n Koning om die lyndrade af te breek. So ja Kêrels, ons verwelkom julle binne in die seisoen van die kamp en hiermee die Bosbeer Kamp Suid Afrika:

  • Plek: Sabie Sand Natuur Reservaat - Ingwe Luilekker Kamp (Naby Paul Kruger Hek Wildtuin).

  • Datum en Tyd: Vrydag 3 Mei 2019 @ 14h00 - Sondag 5 Mei 2019 @ 13h00.

  • Gaan in by: Shaws Gate -24.928351, 31.479257.

  • Ry tot by: Ingwe Luilekker Kamp -24.873702, 31.543899.

  • Bring Saam: Bybel, nota boek, beddegoed met kussing, toiletware, verkyker, swembroek, handoek, hoed, sonbrand goed, persoonlikheid.

  • Vervoer: Ry asb saam in een voertuig sovêr moontlik. Minder voertuie in die reservaat help ons regtig baie. Ons sal help met hierdie saamry logistiek.

  • Kos en drinkoed is beskikbaar vir die hele naweek. Koffie, tee en sap sal voorsien word. Die water op die gronde is alles skoon boorgat water en verseker drinkbaar.

  • Kostes: Niks, ons Abba Vader het klaar vir jou betaal, regtig.

Dankie vir jou vrou en familie en vriende wat jou afstaan, ons belowe om jou anders terug te stuur.

Wees geseënd ou beer, ons sien jou binnekort. Veertig genooide manne gaan in Afrikaans vat en die lyndrade gaan val!

Sand Rivier Groete

Kamp Span

Praat gerus met ons.

Kontak gerus een van hierdie manne vir meer inligting: gerrit@reachred.com - 082 332 0904 of neil@reachred.com - 079 912 2278 of derik@reachred.com - 082 571 0738.