Phalaborwa 2019
Dag Julle
Vrydag aand 12 April sit jy saam ons langs ‘n vuurtjie en kuier in Afrikaans. Kom 6uur, die vuur is warm en die aand maak dinge los langs die Olifants Rivier. Oestyd is hier om te bly en daar waar die Selati in die Olifants invloei sal ons ‘n ontmoeting hê.
Dan Saterdag oggend 13 April sit ons langs ‘n skaap wat op die spit loop vir ontbyt saam met vars brood en ons kry ‘n vars verwagting van ons buitengewone goeie land. Ons begin 8uur met ‘n warm koffietjie waarna jy ‘n bekende skaap vleisie van ‘n warm vuurtjie af gaan eet.
Die goeie nuus is oorweldigend en beter as die slegte nuus en gewone mense moet dit uitsaai. So, ons saai uit vanuit Phalaborwa. Die Waarheid oorwin die leun, die Lig oorwin die donker, die Lewe die dood, die hart vir verlorenes oorwin die ekonomie, die passie vir gebrokenes oorwin beurtkrag en Liefde oorwin haat, Altyd en Heeltyd! Dis mos kwaai. Ons vertel jou meer as ons in ‘n kring sit onder die Bome. Ons sien uit om almal te ontmoet die naweek en ons het verseker ‘n verwagting.
Die “Reach Red” of altans die “Bereik Rooi” Span rol hierdie twee kuiers uit en ons glo die soort kuiers is binne in seisoen vir ons land, so ons nooi julle uit. Kom gerus vir net die Saterdag of vir net die Vrydag aand maar kom. Kom kuier altwee dae saam ons en gaan groot, druk deur en vat vas. Groot tye!
Vrydag aand braai ons vir julle met ‘n diep sessie in die donker en Saterdag het ons skape op ‘n spit met ‘n uitsending of drie wat die atmosfeer sal draai. Daar is geen kostes nie en bring gerus ander saam. Kom kuier en nooi enige klein of oulike jakkals, nooi die mense, enige iemand is welkom! Laat weet ons net asseblief jy kom en stuur jou of julle getalle vir ons deur. Laat weet as jy ‘n groep wil bring. Maak ‘n plan en kom.
Plek: Savong Kamp Phalaborwa - Ry met Water Raad Pad.
Koördinate: Savong Kamp Hek: -24.0525280, 31.1376170 en Savong Kamp Self: -24.043559, 31.169520 op Google Maps.
Bring ‘n kamp stoel of sewe saam en bring eetgery, ons gee die kos - sien julle by die vuur.
Sien gerus ons Kontak Besonderhede hieronder of op die Reach Red Webwerf.
Laat weet en gesels met ons vir meer inligting: Andries - 079 457 779 of Derik - 082 571 0738.
Groete
Die Rooi Span