Dag Manne

Dit is vroeg Saterdag oggend 23 Maart 2019 en jy sit saam ons langs ‘n paar skape wat op die spit loop vir ontbyt saam met ‘n kondensmelk koffie. Hierdie ontbyt gaan jy onthou, ‘n ontbyt met vleis.

Kom 8uur en begin proe aan ‘n warm koffietjie terwyl jy ‘n bekende skaap vleisie van ‘n warm vuur af eet. Ons begin dan 9uur met ‘n Groot Sessie saam die Manne om te kuier in Afrika-ans en ons maak 12uur middag ete se kant klaar. Die goeie nuus is oorweldigend en beter as die slegte nuus en manne moet dit uitsaai. So, ons saai uit vanuit Pretoria. Ons vertel jou meer as ons in ‘n kring sit onder die Witstinkhout Bome.

Die “Touching Africa Foundation Trust” Zambië werk weer en nog steeds en heeltyd en al die pad saam met “Reach Red” Suid Afrika om hierdie “Skaap in Afrika” Manne Ontbyt uit te rol. Ons glo die soort kuier is binne in seisoen manne, binne-in!

Daar is geen kostes nie, kom net en bring gerus ander manne saam. Kom kuier en nooi enige jakkals, nooi die manne! Laat weet ons jy kom en stuur jou of julle getalle vir ons deur. Laat weet as jy ‘n groep wil bring. Of kom net man! Maak ‘n plan en kom, ek sê jou, kom net, daar is baie plek. Kooooooommmmmmm!

Sien gerus ons Kontak Besonderhede hieronder of op die Reach Red Webwerf.

Plek: Plot 18, Catherine Straat, Shere Landbou Hoewes, Pretoria Oos (Lynnwood Straat uit oor Hans Strydom).

Laat weet en gesels met ons of kry meer inligting: gerrit@reachred.com - 082 332 0904 of neil@reachred.com - 079 912 2278 of derik@reachred.com - 082 571 0738 of benjiezambia@gmail.com.

Sien julle by die oggend vuur.

Groete

Derik en Benjamin en Die Rooi Span