Hallo Manne

Ons sien verskriklik uit om julle te ontvang in die Sabie Sand Natuur Reservaat vir ‘n kamp met vleis.

Ons glo Pappa God het julle elkeen persoonlik genooi en dat jy in die hemel geboek is vir ‘n afspraak met die Sterke Leeu van Juda.

Ons sê dankie vir elke vrou wat haar man afstaan vir hierdie “kairos” tyd.

Kairos is an ancient greek word meaning the right, critical, or opportune moment.

Kom en word vernuwe, ons weet ons Heilige Gees God wil dit doen, ons weet. Manne word opgerig om saam met die perde te hardloop.

Die woord vir die kamp:

Hebreërs 5:14

Vaste Kos is vir groot mense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.

But solid food is for the mature, for those who have their powers of discernment trained by constant practice to distinguish good from evil.

Touching Africa Foundation Trust Zambië werk saam met Reach Red Suid Afrika om hierdie kamp uit te rol vir ons Koning Jesus en ons is gereed om die seisoen van nuwe kampe vas te vat. Ons het ook die bystand van Reviving Nations met hierdie kamp en is dankbaar vir hulle insette en bystand in hierdie seisoen.

Hier is alles wat jy moet weet:

  • Plek: Sabie Sand Natuur Reservaat - Ingwe Luilekker Kamp (Naby Paul Kruger Hek Wildtuin).

  • Datum en Tyd: Vrydag 9 November 2018 @ 14h00 - Sondag 11 November 2018 @ 13h00.

  • Gaan in by: Shaws Gate -24.928351, 31.479257.

  • Ry tot by: Ingwe Luilekker Kamp -24.873702, 31.543899.

  • Bring Saam: Bybel, nota boek, beddegoed met kussing, toiletware, verkyker, swembroek, handoek, hoed, sonbrand goed, persoonlikheid.

  • Vervoer: Ry asb saam in een voertuig sovêr moontlik. Ons sal help met hierdie logistiek.

  • Kos en drinkoed is beskikbaar vir die hele naweek. Koffie, tee en sap sal voorsien word. Die water op die gronde is alles skoon boorgat water en verseker drinkbaar.

  • Kostes: Niks, ons Abba Vader het klaar vir jou betaal, hy laaik jou natuurlik.

Maar rêrig ouens, een van Pappa God se seuns het gehoor van wat ons doen en reël en hy het almal asook alle kostes gedek, en soos hy sê; God het gesê! Ons weet en glo dus vas dat hierdie kamp by Koning Jesus gereël is.

Wees geseënd jou ou rooikat. 45 Manne gaan anders huis-toe gaan.

Praat gerus met ons.

Liefde

Kamp Span oor.