Soldaat
Is jy gereed?
Kom ons gooi rooi rook en gaan in die middel deur!
Kom ons gooi ons hande in die lug en roep lug bystand.
Kom ons kniel by mekaar, by die stukkendes, met ons wapen gereed.
Kom ons stoot!
Hier is ons dan nou troep. Diep in RSA vat ons grond in die Gees en verklaar ons oorwinning in die naam van ons Bevelvoerder Jesus Christus. Kom ons “recce” ‘n paar dinge raak en transformeer na soldate in die weermag van God, ‘n uitgesoekte eenheid waar liefde skote skiet in die donker.
Jong man, jy word opgeroep vir hierdie naweek. Jy word op jou naam geroep, spesiaal genooi om deel te wees van ‘n spesiale taakmag. Kom sit terug en kry die vaardighede wat nodig is om in die veld van die lewe die vyand te klop. Hierdie is dik ernstig manne. ‘n Rooi rook naweek kan jou lewe verander, verewig.
So, kom ons laai daai magasyn vol troep. Jy is ‘n gebore yster en jy maak saak. Kom kuier!
Kyk hoe lekker loop hierdie vers:
2 Timoteus 2:3-4 - “ Dra jou deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus. 'n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie..“
Melt aan Troep, hier in Suid-Afrikaap, en laat dit oop loop. Jy is waardig en bekwaam en ons is mal opgewonde oor jou. Hier is die basiese reëlings en alles wat jy nodig het om te weet vir die naweek:
Plek: Oaksrest Vineyards, Ladismith, Klein Karoo, Wes-Kaap, Suid-Afrika.
GPS Koordinate: Latitude: S 33 28.582 ; Longitude: E 21 10.142. Aanwysings kan gerus gekry word by: https://www.oaksrest.com/directions/.
Datum en Tyd: Vrydag 10 November 2023 @ 18h00 - Sondag 12 November 2023 @ 13h00. Vat die Vrydag rustig en arriveer so van 15h00 se kant en kom pak af. Kom kry ‘n lêplek en word rustig vir die aantree 18h00.
Verblyf: Word verskaf. Beddegoed sal alles voorsien word. Die manne wat wil kamp is baie welkom en maak asseblief so. Die Oaksrest Kamp Terrein is awesome . Bring daai tent of kamp-wa en kom kamp die naweek raak. Laat weet vir Phillip asseblief spoedig as jy graag wil kamp. Kamp en of Gaste Kamers, alles mooi en gereed vir julle.
Kos: Lekker kos en drinkgoed word verskaf vir die hele naweek. Etes, koffie, tee, koeldrank en water sal alles voorsien word.
Bring Saam: Bybel, nota boek, warm-ding, toiletware, handoek, hoed, sonbrand goed, koplamp en of flitslig.
Vervoer: Kry julle hier op die plaas. Ons help graag met enige vervoer wat benodig word. Laat weet gerus.
Kostes: Niks, ons Abba Vader het hom vir jou.
Hierdie uitnodiging is uniek aan jou. Indien jy JA gesê het vir die uitnodiging vra ons dat jy jou kalender vasmaak. Ons glo dus jou plek is gereël en betaal vanuit die Hemel.
RSVP asseblief so vinnig as moontlik. Vinnige terugvoer help ons baie.
Julle jong manne se passie en energie is waaragtig lekker. Julle toekoms lê voor en die ooms saam met ons ouer bere sien uit om saam julle te stoot.
Kyk weer na hierdie foto en raak gevaarlik.
Kamp Groete
Derik, Phillip, Casper, Miguel en Kamp Span
Kontak gerus een van hierdie manne vir meer inligting:
Phillip Pretorius - 079 491 1420 of Derik du Plessis - 082 571 0738 of Casper Pretorius 064 843 6566
Naweek Program:
Vrydag - Aankoms: Vanaf 15h00, Welkom en Aandete 18h00, Eerste Kuier 19h00.
Saterdag - Koffie 07h00, Ontbyt 08h00, Vars Kuier 09h00, Breuk 10h30, Nog Kuier 11h00, Middag Ete 13h00. Middag: Tyd Alleen, Tyd in Berg, Rus, Ontspan. Aand Kampvuur vanaf 17h00, Aandete 18h00, Kuier Verder 19h00.
Sondag - Koffie Beskuit 07h00, Laaste Kuier 08h00, Brunch 11h00, Totweersiens 12h00 se kant.
Maandag - “Soldier to the front please”.