Manne
Geen reen, geen pap wiele, antwoorde op gebed, drome, kruispaaie, berge, landskappe, ‘n onverwagte pas, ‘n onverwagte val, nog ‘n rivier kruising, ‘n nuwe grondpad, ‘n aand onder die sterre, ‘n kampvuur vol gebede, die gedreun van ‘n vriend se motorfiets, ‘n vriend se gedagtes en die hoop op ‘n nuwe visie tot die einde, daar is geen einde. Dissipel nou, offer gou, vriende bou, hierdie storie gaan ons vir altyd onthou.
Bikes on Safari Kaap 2026 was lewe in die nou.
Hoe som ‘n man vyf dae van jou lewe op, vyf dae wat aangekom het oor die vlaktes en berge van jou lewensjare en dan uitspeel om ‘n huidige visie te bekragtig en ‘n nuwe visie aan te kondig. ‘n Visie wat jou ewigheid verander. Terwyl jy ‘n nuwe pad slaan werk die bloed van ons Koning onsienbaar wel merkwaardig. Terwyl jy hard ry met ‘n groot masjien onder jou word jy bewus van Pa se teenwoordigheid en Pa se groot hand wat alles gemaak het, en nou, soos ‘n vangnet onder jou hang. Hierdie bewustheid maak jou nederig en die groot yster wat eweskielik op sy kant lê herinner jou daaraan. Alles dra by tot vyf dae se nuwe ewigheid, as dit ooit sin maak, maar ek weet julle verstaan.
Mag Abba se Woord harder praat as ooit, dit is juis Sy Woord wat nooit leeg sal terugkeer nie, en Sy Woord leef in jou! Niemand is leeg huistoe nie. So ja, kom ons onthou:
Dag 1:
Philemon 1:6
[6] and I pray that the sharing of your faith may become effective for the full knowledge of every good thing that is in us for the sake of Christ.
Hoor die Woord van die Here. Die kilometers tel op, die aandlig word koel, Anysberg liefde, aanhou ry manne, Gecko Rock is ‘n afspraak, daar is ‘n reis, daar is ‘n prys, ‘n kaggel huisie wag vir ‘n seun, hy wag vir tien, diep gesprekke, nog gebede, ware gevegte, Klein Karoo op sy beste, Hallo Daan, jy is Syne, Hallo PG Hy is joune, ‘n nuwe dag, ‘n nuwe hoop, Johan hou daai Africa Twin oop.
Dag 2:
2 Timothy 3:16-17
[16] All Scripture is breathed out by God and profitable for teaching, for reproof, for correction, and for training in righteousness, [17] that the man of God may be complete, equipped for every good work.
Alle Skrif is deur God uitgeasem. Goeie more Klein Karoo, hallo Cederberge, hallo feesmaal, eet goed, my God van Psalm 23, vind Hom by Aquila, vind Hom in jou helmet, almal word hier ingesluit. Hou aan ry die dag gaan lank raak, die hospitaal gaan betrokke raak, maar God sien raak, jy maak saak. Koebaai Donkieskraal, hallo Malmesbury Karavaanpark, hallo yster, hallo slyp, hallo ewigheid, die tyd is nou ryp. Een (1) man staan heel dag langs Daan, agt (8) man staan langs die pad saam, in ‘n sirkel, in eenheid, bid en stem saam, Daan gaan lewe, 188 is jou nommer Daan, dankie Gerhard, 153 staan in, dankie Hendro, 153 staan voor, biked and blessed, vat maar weer die spoor.
Dag 3:
2 Timothy 2:21
[21] Therefore, if anyone cleanses himself from what is dishonorable, he will be a vessel for honorable use, set apart as holy, useful to the master of the house, ready for every good work.
Gereed manne. Kom ons ry reguit, nege manne, tien ontbyte, eenheid bou, 60km/uur saam Henry, hy is die Ou, lag sonder ophou, hulp sonder einde, Kagga Kama is oppad, hier gaan harte draai, privaat kamp, geen wind, diep in die berg, sterre in die lug, die 690 is reg, Pa is steeds in die ding, Abba is altyd eg, genoeg hout, nog saad, nog gebed, nog vleis, nog fotos, dis hoe Bikes on Safari lyk, ‘n prentjie in my kop, vir altyd om te onthou, liefde is die gebod, kyk reguit, praat reguit en slaap goed, dag vier se ewigheidswaarde is oppad. Dankie Henry, dankie Brett, dankie Johan vir nog ‘n gebed, mag Pa jou van die dik sand red.
Dag 4:
Luke 6:40
[40] A disciple is not above his teacher, but everyone when he is fully trained will be like his teacher.
Soos Hy. Vat so Maandag, dik sand, stadig val, twee bene uit, los klippe, geen clutch, pannier los, Henry is OK, Tankwa pad, waar is jou einde, Mandjiesfontein my Petrol is klaar, Yamaha ons kry jou daar, dankie Rynie, jou bielie, weer gereed, nog ‘n smile, Afrika stof gaan ons vreet, Anysberg weer, op sy kant verby, ja mooi verby, in ‘n sirkel by Phillip gaan ons weer mekaar se harte kry, ou vriende, nuwe visie, nuwe klop, ja hoe som jy die liefde van vriende op. Dankie PG, dankie manne, julle sal nie weet, dankie Nardus, Inco sal jy nooit vergeet, Henry jy is alweer gereed.
Dag 5:
Binnekort Daan, nounou daar, lekker gaar, ja veilig daar, dankie Abba, dankie vir die manne daar, dankie Oaksrest, dankie Afri Eco, dankie vir tyd, tyd van my lewe, tyd van my Here. Geen pap wiele, dink weer daaraan, waar sal ons volgende gaan. Herhaal die gebede, herhaal die stories, herleef die reis, herleef die gebed: Abba help ons om mekaar van swakhede te red, om mekaar te vra en lief te hê tot ons harte as gevaarlike manne dra en ja, gaan lees weer Matt 11:12 klaar.
Koester en vind weer die beste in ‘n ou!
Belyn jou hart met jou Abba Vader en wees gereed om met salwing te bedien manne. Mag ons amazing God vir jou visie gee om die skape bymekaar te maak, elke siel maak saak.
Wees verewig verander en sien uit na vir altyd.
Dankie vir ‘n Great BOS Trip en mag ons Pa verheerlik word hierdeur.
Baie Liefde, baie Groete
Derik du Plessis
Bikes On Safari
Find the Way
Prov 21:31